Mangaungse drinkwater, ten bedrae van bykans R1,8 miljard, het binne slegs 10 jaar het in die spreekwoordelike drein afgeloop.
Die astronomiese skade is boon-op ook nie sporadies gely nie. Verslae deur die ouditeur-generaal dui op konsekwente waterverkwisting, teen ‘n verbysterende R488 000 per dag.
Terwyl die nasionale aanvaarbare gemiddelde koers vir waterverliese op 19% staan, het verliese in die Mangaung-metro nou tot 39% gestyg. Die wanbestuur van
munisipale infrastruktuur lei nie alleen tot die skending van inwoners se mensereg tot die toegang tot skoon water nie, dit hou ook ‘n reusebedreiging vir die munisipaliteit se finansiële stabiliteit in.