Die polisie sê byna 300 000 vuurwapens is die afgelope ses jaar vernietig.

Newskoop berig net meer as 16 000 van hulle is hierdie week in Vanderbijlpark in Gauteng vernietig.

Die polisie sê dit sluit 12 500 handwapens, byna 2 000 gewere, 1 300 haelgewere en byna 50 kombinasievuurwapens in.

Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê die polisie bly standvastig in sy verbintenis om vuurwapens en ammunisie in onwettige besit op te spoor en permanent uit sirkulasie te verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×