Byna agt miljoen Suid-Afrikaners leef met MIV/vigs. Dit maak die land die episentrum van die siekte. KwaZulu-Natal dra die grootste deel van hierdie infeksies. Wetenskaplikes en beleidmakers sal vandag in Durban wees by die 11de vigskonferensie om ‘n multi-belanghebbende benadering tot die bekamping van MIV/vigs te laat herleef. Die direkteur van die kantoor van Vigs en TB Navorsing by die Mediese Navorsingsraad, doktor Fareed Abdullah, sê tydens die pandemie het die aantal mense wat vir MIV/vigs getoets het met 20 persent afgeneem.