Byna die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking sal teen 2025 honger ly. Dit is volgens die jongste voedselindeks deur die Shoprite-groep. Die voedselindeks is gister ter herdenking van Wêreldvoedseldag vrygestel. Dit toon dat 48-komma-nege-ses persent van die bevolking moontlik nie genoeg sal hê om te eet nie. Limpopo gaan die ergste ly met 54 persent van die bevolking wat moontlik honger sal ly, terwyl die getalle in die Wes-Kaap en Gauteng ook hoog is op onderskeidelik 41 persent en 47 persent.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×