Die regering het byna een miljard rand opsy gesit om paaie regoor die land te herstel.
Die aankonding is in Tsakane in Gauteng deur die adjunkminister van Vervoer gemaak, waar hulle slaggate as deel van die Vala Zonke-inisiatief herstel het.
Die geleentheid is deel van die opbou tot die komende presidensiële Imbizo. Vala Zonke is ‘n regeringsprogram wat daarop gemik is om slaggate landwyd reg te maak.