Byna twee-duisend nuwe Covid-19-gevalle word aangemeld

 Byna twee-duisend nuwe Covid-19-gevalle word aangemeld

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het aangekondig dat die totale aantal aangemelde Covid-19-gevalle in die land nou op 702 131 staan. Sedert die vorige verslag is 1928 nuwe gevalle aangemeld. Die sterftesyfer het tot 18 408 gestyg met nog 38 Covid-19-verwante sterftes die afgelope 24 tot 48 uur. 10 hiervan was in die Oos-Kaap, 10 in die Vrystaat, 17 in Gauteng en 1 in Mpumalanga. Met 630 436 mense wat reeds herstel het, staan die herstelkoers tans op 90-persent.

Gerdie Karstens