Die vervaardiger van ’n gewilde geurmiddel in Suid-Afrika, ‘Cape Herb and Spice’, moet agt produkte terugroep weens meule wat foutief werk.

News24 berig die Nasionale Verbruikerskommissie het Dinsdag aangekondig dat die verskaffer onmiddellik gemeld het dat sy meule se meganisme tydens gebruik afbreek en ’n plastiek voorwerp vrystel.

Die kommissie versoek verbruikers om onmiddellik op te hou met die gebruik en hul produkte terug te bring vir volle terugbetaling.

Die geure wat teruggebring moet word is:

  • Cape Herb and Spice Chilli & Garlic Seasoning;
  • Cape Herb and Spice Black Peppercorns;
  • Cape Herb and Spice;
  • Cape Herb and Pink Salt;
  • Cape Herb and Spice Salt & Pepper;
  • Cape Herb and Spice Sea Salt;
  • Cape Herb and Spice Seasoned Salt; and
  • Cape Herb and Spice Sweet & Smokey BBQ.

Hierdie produkte is ook in Australië, Nieu-Seeland en Ierland teruggeroep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×