Meer as 22 miljoen Suid-Afrikaners het Vrydagoggend wakker geword met ‘n boodskap van Capitec dat hulle landwye dienskwessies ondervind.
Volgens die finansiële instansie is daar ‘n onverwagse probleem met ‘n internasionale diensverskaffer. Capitec hou vol dat die dienskwessie nie kaartbetalings en Capitec OTM’e beinvloed nie, en het verseker gebruikers se rekeninge is veilig.
Dit blyk of die onderbreking verband hou met ‘n kwessie by die wêreldwye kuberveiligheidsfirma Crowdstrike. My Broadband berig dat Windows-gebruikers regoor die wêreld rapporteer dat hul rekenaars die bedryfstelsel se Blue Screen of Death wys. Die kwessie raak ook lughawens, televisienuusstasies, nooddienste en baie ander nywerhede en maatskappye wêreldwyd – insluitend die Johannesburgese aandelebeurs.
Hulle het ‘n kennisgeweing uitgereik waarin hulle kliënte in kennis stel dat die FTSE-indekse nie opdateer nie.
1 Comment
Comments are closed.