Carl Niehaus is gisteraand weer vrygelaat

Die geskorste ANC-lid, Carl Niehaus is gisteraand uit die Estcourt-polisiestasie in KwaZulu-Natal vrygelaat.

Soos vroeër beris is hy gister in hegtenis geneem terwyl hy besig was met ‘n onderhoud met SAUK-nuus, wat regstreeks uitgesaai is.

Die provinsiale polisie het bevestig dat sy inhegtenisneming met die oortreding van inperkingsregulasies verband hou.

Sy oortreding kom nadat hy ‘n byeenkoms van sowat honderd mense gereël het buite die Estcourt-korrektiewe sentrum.

Luidens berigte is Niehaus met R3 000 beboet.

Hy moet dié boete voor 6 Augustus betaal, of in die Estcourt Landdroshof verskyn.

Luister na potgooie hieronder