“Carl Niehaus is ‘n lafaard en ‘n boef vir wie ek nie skrik nie”

 “Carl Niehaus is ‘n lafaard en ‘n boef vir wie ek nie skrik nie”

Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die voormalige ANC-woordvoerder, Carl Niehaus, is ‘n lafaard en ‘n boef vir wie hy nie skrik nie.

Mabalula het in kommentaar op sosiale media te velde getrek teen Niehaus, wat tans die uMkhonto we Sizwe-veteranevereniging se optog in Gauteng lei.

Niehaus het gevra dat Mbalula in hegtenis geneem word weens die swak toestand van die trein-infrastruktuur.

Die MK-veterane se woordvoerder, Kebby Maphatsoe, het aan Newzroom Africa gesê die optog het ten doel om dienste aan die mense te verseker

LeandreAdmin@