Ten spyte van doodsdreigemente, sê die EFF-LP, Carl Niehaus, hy sal nie die party verlaat nie.

Niehaus het met The Citizen gepraat en gesê hy het weens die dreigemente op sosiale media sekuriteit rondom homself en sy gesin verhoog.

Sommige van die boodskappe noem hom ook ‘n pedofiel aangesien hy met ‘n jong swart vrou getroud is. Hy glo egter die meeste van die aanvalle is weens sy politieke keuses – veral die keuse om by die EFF aan te bly terwyl ander prominente mense die party verlaat het.

Niehaus is reeds ’n jaar lid van die party en verteenwoordig hulle in die parlement.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×