Mark Carney sal Justin Trudeau as Kanada se eerste minister opvolg.

Trudeau het in Januarie aangekondig hy gaan ná meer as nege jaar aan bewind uittree.

Carney was die eerste persoon wat as die goewerneur van twee G7 sentrale banke in Kanada en Engeland gedien het.

Sy oorwinning verteenwoordig die eerste keer dat ‘n persoon met geen politieke agtergrond ‘n Kanadese eerste minister word.

BBC berig in sy oorwinningstoespraak het Carney die Amerikaanse president Donald Trump aangeval. Dit na Trump tariewe op Kanada opgelê het en gesê hy wil dié land Amerika se 51ste staat maak.

Volgens Carney moet Amerikaners geen fout maak nie en voeg by in handel, net soos in hokkie, sal Kanada wen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×