Die nuwe Kanadese Eerste Minister, Mark Carney, het ‘n vinnige verkiesing vir 28 April aangevra.
Hy sê hy het ‘n sterk mandaat nodig om die bedreiging wat deur die Amerikaanse president Donald Trump inhou, aan te pak.
Volgens Daily Maverick sê Carney dat Trump Kanada wil breek sodat Amerika die land kan besit.
Carney het Sondag uitgebrei dat Kanadese die grootste krisis van hul leeftyd in die gesig staar weens Trump se onregverdige handelsaksies en dreigemente.
Hy het voorgestel om die laagste inkomste-belastingkoers met een persentasiepunt te verlaag.
Hy voer ook aan dat hul reaksie moet wees om ‘n sterk ekonomie en ‘n veiliger Kanada te bou.