CASAC vra vir die bekendmaking van Zuma se mediese paroolvoorwaardes

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, CASAC, het ‘n versoek aan die departement van Korrektiewe Dienste gerig om die mediese paroolvoorwaardes van oud-pres. Jacob Zuma, bekend te maak.

Dit volg nadat Zuma die naweek, op grond van mediese verslae van sy dokters, op parool vrygelaat is.

Zuma is ‘n maand na sy in hegtenisname, vir minagting van die hof, op 8 Julie, in die hospitaal opgeneem.

Intussen berig Netwerk24 dat die Jacob Zuma-stigting vroeër vandag nie wou bekend maak waar Zuma hom tans bevind nie.

Die stigting se woordvoerder het egter gesê Zuma is in ‘n mediese fasiliteit in Suid-Afrika.

Luister na potgooie hieronder