Die hoë moordsyfer in die Wes-Kaap is onstellend en onaanvaarbaar, het die minister van polisie, Bheki Cele, vandag tydens ‘n mediakonferensie gesê. Dit nadat meer as ‘n honderd mense binne ‘n enkele week in die provinsie vermoor is. Dit sluit vroue, kinders, professionele mense, broodwinners en polisie beamptes in. Cele het gesê moordenaars raak meer geweldadig en saai vrees in gebiede soos Gugulethu, Manenberg en Ravensmead waar massa-skietvoorvalle tot talle sterftes gelei het, berig Netwerk 24. Twee polisiemanne is in Gugulethu tydens ‘n massaskietvoorval doodgeskiet. Cele het gesê 2600 nuut opgeleide polisiebeamptes sal in die Wes-Kaap ontplooi word en fokus op die Kaapse Vlakte. Padblokkades word nou by al die ingange na Gugulethu gehou. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×