Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê hy sal die uitspraak van die Etiekkomitee betwis wat hom skuldig bevind het aan die oortreding van die etiese gedragskode vir parlementslede. Dit kom nadat hy verlede jaar tydens ‘n misdaad Imbizo in Gugulethu op Action Society se Ian Cameron geskree het. Die komitee het Cele berispe en bevind dat hy op ‘n manier moes opgetree het wat openbare vertroue en vertroue in die Parlement sou behou. Minister Cele het gister met die media gepraat. Hy het gesê die mediaberigte oor die uitspraak is lagwekkend. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×