Die minister van polisie, Bheki Cele, sê die polisie sal hul werksverhouding met die departemente van Binnelandse Sake en Minerale Hulpbronne en Energie verbeter om die plaag van onwettige mynbou in die kiem te smoor.

Cele het die media en inwoners toegespreek tydens ‘n terreinbesoek in Stilfontein in Noordwes.

Sy besoek het gevolg op die arrestasie Maandag van 20 vermeende onwettige mynwerkers tydens ‘n klopjag deur die polisie.

Die minister het gesê die twee departemente het ook ‘n kritieke rol om te speel.

Dít om te help met die identifisering van sulke persone betrokke of die rehabilitasie van mynskagte wat oopgelaat is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×