Die kantoor van die Openbare Beskermer gaan moontlik ondersoek instel na die minister van polisie, Bheki Cele, se reis na Frankryk vir die Rugby Wêreldbekertoernooi.
Volgens die DA se bewerings, het Cele die geld van belastingbetalers gebruik om, tesame met sy assistent, verlede jaar se Rugby Wêreldbekertoernooi in Frankryk by te woon.
Okkie Terblanche sê die DA hoop die ondersoek sal vrugte afwerp, en dat Cele tot verantwoording geroep sal word.
Luidens Terblanche sal die DA ook ‘n amptelike etiekklag teen minister Cele indien.