Bheki Cele het in sy skik geklink toe hy gister gesê het dat 174 000 misdaadverdagtes sedert begin Mei in die land in hegtenis geneem is.

Volgens die minister van polisie is dit tekenend van die “sukses” van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Operasie Shanela, wat op 8 Mei van stapel gestuur is.

Dit het op 20 Oktober aan die lig gekom dat siviele eise teen die polisie meer as 100-en-08-miljard rand beloop.

Dít is meer as die polisiediens se jaarlikse begroting van een-honderd-en-twee miljard rand.

Die meerderheid van hierdie eise is teen die polisie ingestel weens beweerde onwettige inhegtenisnemings en onwettige aanhouding.

Cele sélf het ongeveer twee weke gelede erken dit word al moeiliker om misdaad in Suid-Afrika te voorkom en te bestry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×