Die minister van Polisie, Bheki Cele, het die publiek gevra om nie druk op die polisie te plaas om, veral in hoë profiel ondersoeke, verdagtes in hegtenis te neem nie.

Cele het die media toegespreek buite die Durbanse Landdroshof gedurende die hofverskyning van vyf van die sewe beskuldigdes wat verbind word met die moord op die kletsrymer,

Kiernan ‘AKA’ Forbes en sy vriend, Tebello ‘Tibz’ Motsoane. Die twee is in Februarie verlede jaar buite ‘n restaurant in Durban doodgeskiet.

Cele sê die uitstel van die saak tot 6 Maart sal die ondersoekspan die kans gee om die staat se saak behoorlik voor te berei vir wanneer die verdagtes om borgtog aansoek doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×