Celine Dion se aangrypende weergawe van Edith Piaf se Hymn To Love, het vanaf die Eiffeltoring oor die ganse Parys weerklink. Die superster se emosiebelaaide optrede, in gietende reën by die openingseremonie van die 33ste Olimpiese Spele, was haar eerste in bykans vier jaar. Entertainment Tonight was daar.

Kyk hier: https://www.youtube.com/watch?v=e-E4Cpz33Zo

Celine Dion het meer as ‘n jaar gelede bekend gemaak ‘n rare neurologiese toestand is by haar gediagnoseer. Die sindroom takel die immuunstelsel, en veroorsaak onder meer spierspasmas en sensoriese afwykings. Haar stembande word ook deur die siekte afgetakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×