Die 55-jarige Celine Dion, is ondanks ‘n seldsame neurologiese toestand, vasberade om na die verhoog terug te keer. Sy skryf in ‘n Instagram-plasing, dat haar stryd om
hierdie rare outo-immuunversteuring te probeer oorkom, een van die grootste uitdagings van haar lewe is.

Sy voeg by dat sy beslis weer wil optree en ook ‘n lewe wil lei wat so na aan normaal as moontlik is. Rosestad-nuus het net voor Kersfees berig dat dit nie goed met die Kanadese superster se gesondheid gaan nie. Daar is toe wyd berig dat sy toenemend beheer oor haar spiere verloor.

Familielede het gesê hoewel sy ‘n dapper stryd stry, bly haar toestand verswak. Die sindroom takel die immuunstelsel, en veroorsaak onder meer spierspasmas en sensoriese afwykings. Haar stembande word ook deur die siekte afgetakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×