Die gewese finansiële hoof van Centlec, Hlonelwa Nkomo, is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein tot drie maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof. Dít volg omdat sy in stryd met ‘n hofbevel, haar glo steeds as finansiële hoof van Centlec voordoen. Netwerk24 berig die vonnis is vir drie maande opgeskort, onderhewig daaraan dat sy haar nie gedurende dié tydperk aan dieselfde oortreding skuldig maak nie. Regter Joseph Mhlambi het bevind Nkomo het nie ag geslaan op ‘n hofbevel wat Centlec teen haar gekry het nie. Hierin word sy verbied om haar as finansiële hoof, of “geskorste” finansiële hoof voor te doen, aangesien sy nie meer vir Centlec werk nie. Nkomo het aangedui dat sy appèl teen die bevinding en vonnis gaan aanteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×