Derduisende Bloemfonteiners weet nie herwaarts of derwaarts nie, aangesien Centlec, kragverspreider van die Mangaung-metro, se stelsel vir die aankoop van
voorafbetaalde krag nou vir duisende ontoeganklik is.

Netwerk24 berig kragbewyse vir diegene wat deur die probleem geraak word, kan ook nie by winkels of elders gekoop word nie, aangesien die meter nie die kode sal aanvaar nie.

Dave McKay, DA-raadslid van die metro reken nagenoeg 14 000 huishoudings word moontlik hierdeur geraak.

Een van die groot uitdagings is dat mense onbewus van die probleem bly totdat hulle weer krag wil koop.

Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, het gesê dit is net ‘n sekere soort kragmeter wat hierdeur geraak word, en dat die probleem nie so groot is nie.

Hy het gesê verbruikers moet bloot die inbelsentrum van Centlec by 051 409 2216 bel en dat die probleem dan binne vyf minute opgelos sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×