Die Mangaung-metro se elektrisiteitsverspreider, Centlec, verloor jaarliks nagenoeg vyftig miljoen rand weens koperkabeldiefstal. Netwerk24 berig voorts Centlec het ongeveer 200 kabeldiefstal sake in die afgelope twee jaar aangemeld. Lele Mamatu, Centlec-woordvoerder, het gesê dit is duidelik dat die koperkabeldiewe in die hele Vrystaat en Noord-Kaap bedrywig is, terwyl Centlec se bedieningsgebied die metro en die Suid-Vrystaat behels. Volgens Mamatu bestaan daar groot kommer oor skrootmateriaal-ondernemings wat die gesteelde koperkabel koop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×