Die Mangaung Metro Munisipaliteit se kragvoorsiener, Centlec, waarsku inwoners teen elektrisiteit-slenters op sosialemediaplatforms.
In een so slenter bied bedrieërs glo “goedkoop” voorafbetaalde elektrisiteit, met onrealistiese pryse soos 2000 eenhede vir R400 aan.
Die kragvoorsiener raai inwoners aan om net voorafbetaalde elektrisiteitsbewyse by gelisensieerde verkooppunte te koop, en voeg by dat hulle nie e-beursies, CashSend of Money-Market deposito’s aanvaar nie.
Elektrisiteitspryse word deur die jongste NERSA-goedgekeurde tariewe gereguleer en is op Centlec se webwerf beskikbaar.