Centlec het ‘n waarskuwing uitgereik dat inwoners in Bloemfontein nie moet ag slaan op ‘n boodskap op sosiale media media dat ou elektrisiteitsmeters vervang moet word met nuwe voorafbetaalde meters nie. Die woordvoerder van Centlec, Lele Mamatu, het gesê die projek om ou meters te vervang, is in 2021 afgehandel nadat alle uitstaande meters gedurende die omskakeling in 2018 vervang is. Mamatu het inwoners gewaarsku dat Centlec nie tans besig is met ‘n meter-omskakelingsprojek nie. Indien meters vervang moet word, sal Centlec ‘n formele kennisgewing uitstuur. Hy het inwoners gewaarsku om niemand tot hul eiendom toe te laat wat voorgee om aan elektrisiteitsmeters te werk nie.
![](https://rosestad.co.za/wp-content/uploads/2024/01/centlec.jpeg)