Vier betogers is gister in hegtenis geneem nadat pro-Palestynse betogers ‘n gebed-samekoms van pro-Israeliese ondersteuners op die Seepunt-promenade probeer ontwrig het. Volgens Netwerk 24 het die polisie skokgranate en ‘n waterkanon gebruik toe die pro-Palestynse betogers nie uiteen wou gaan nie. Groot getalle polisielede asook lede van die Kaapstad-metropolisie was tot laat op die toneel. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het gesê die geweld moet veroordeel word omdat alle inwoners vryheid van spraak het. Hy het gesê Kaapstad was tot nou toe ‘n voorbeeld van verdraagsaamheid en net soos inwoners Saterdag in solidariteit met Palestina byeengekom het om vreedsaam te protesteer, moes Sondag se byeenkoms ook gerspekteer word. Sondag se groep wat uit verskeie Christelike kerkgroepe en die ACDP bestaan het, het byeengekom onder die slagspreuk, For Zion’s sake, we will not be silent.