Die Bram Fischer-gebou, of die glaspaleis, is gesluit vir die publiek nadat stakende werkers van die munisipaliteit die gebou bestorm en gevandaliseer het. Rommel is orals binne die gebou op die grondvloer gestrooi. Die polisie het intussen daaring geslaag om die betogers te verwyder en die skare buite die gebou te beheer. Die sekuriteit laat nie die publiek toe om in die gebou te gaan nie. Die staking hou verband met eise vir oortyd-betaling. ‘n Raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Mangaung Metro munisipaliteit, Valerie de Kock, het gesê die meer as R180 miljoen wat die afgelope ses maande aan oortydeise betaal word, moet gestop word. Dit beteken egter dat basiese dienslewering selfs nog minder gelewer sal word. Die afgelope twee weke staak al die werkers, het de Kock gesê. Dit het al die dienslewering in die stad tot stilstand gebring. De Kock sê die ANC het geen politieke wil om die stad reg te ruk nie