Rampspanne is reg oor Kaapstad ontplooi na reën grootskaalse skade aangerig het. Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het tydens ‘n mediakonferensie gesê minstens 133mm reën is die afgelope 12 tot 24 uur in Stellenbosch aangeteken. Maroela Media berig ‘n leser met ‘n weerstasie in Vredenhoek het oornag reeds 294,6mm reën aangeteken. Talle paaie met in-en uitgangsroetes vanuit Kaapstad en omliggende dorpe, is gesluit en alternatiewe roetes moet gevolg word. Dit skep ‘n probleem vir mense wat na die langnaweek na hul huise wil terugkeer. Oorstroomde paaie is die grootste probleem, het Bredell gesê. Elf mense is in die Stanford-gebied gered en sewe gesinne in Grabouw. Die NSRI het ook drie mense op ‘n boot gered. Die Breedevallei is ook swaar getref deur die storm. Die N1 tussen Worcester en Touwsrivier is ook gesluit. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×