Met Saterdag se agt-en-twintig duikslae teen die All Blacks, is Pieter-Steph du Toit as “Speler van die Wedstryd” aangewys.

Suid-Afrika het die die naweek die eerste land geword om die wêreldbeker vir mans vier keer te wen.

Na afloop van die eindstryd het Du Toit gesê hy dink wanneer jy amper ‘n ledemaat verloor het – met verwysing na ‘n ernstige besering ‘n paar jaar gelede – is mens dalk meer gemotiveer om jou ALLES te gee.

Die hoofuitvoerendebeampte van die Toyota Cheetahs, Ross van Reenen, het net lof vir die Bokke, en in die besonder vir Du Toit, na afloop van Saterdagaand se sege.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×