Die feesvieringe gaan vandag voort wanneer die Cheetah-span met die Curriebeker vanaf 12-uur in ‘n oop dubbeldekker-bus deur die strate van Bloemfontein gaan ry. Die bus vertrek by die Toyota-stadion en sal ‘n roete deur die stad en Heidedal volg, dan weer terug in Nelson Mandela rylaan tot by Toyota in Langenhovenpark. Die bus sal dan deur Langenhovenpark en Universitas terug ry na die Stadion toe. Die publiek kan ook die span vanaand vanaf half ses by Hennie’s in Preller Plein ontmoet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×