Cheetah kaptein en skrumskakel, Ruan Pienaar, terug op die veld

 Cheetah kaptein en skrumskakel, Ruan Pienaar, terug op die veld

Cheetah kaptein en skrumskakel, Ruan Pienaar, terug op die veld na hy ‘n kniebesering vroeg in Oktober verlede jaar in die tweede wedstryd van die seisoen teen die Bulle in Bloemfontein opgedoen het.

Pienaar sê sy knie voel taamlik goed en hy het geen probleme met die hardloop of rigtingverandering nie, maar hy sê hy is nog nie heeltemal vol selfvertroue as dit kom by die skoppe nie.

Pienaar is van mening dat Frans Steyn steeds die stelskopwerk vir die span moet beharting in die
nuwe voorbereidingsreeks wat die naweek afskop.

Die Cheetahs sal hulle voorbereidingsreeks Saterdag in die Kaap afskop teen die Stormers.

Pienaar sê ‘n wedstryd sal die werklike toets vir sy knie wees.

LeandreAdmin@