Die besluit vir Robert Ebersohn, Cheetah-senter, om finaal sy rugbystewels op te hang, is vir hom gemaak anders sou hy rugby met ‘n kierie wou speel. Na bykans 15 jaar se beroepsrugby en tussen 10 en 15 keer se harsingskudding het die 34-jarige Ebersohn vanjaar die land se bekendste harsingskudding-spesialis, prof Jon Patricios, gaan sien nadat hy in Oktober weer harsingskudding tydens ‘n wedstryd opgedoen het. Patricios het na verskeie toetse vir Ebersohn aanbeveel om eerder op te hou speel. Ebersohn het sy rugby by Grey kollege begin speel, Cravenweek-rugby gespeel, vir die SA Skolespan uitgedraf asook die SA 0/21 span en die Blitsbokke. Hy het ook in Frankryk vir Montpellier, Castres en Beziers gespeel. Ebersohn het  besluit om in 2021 terug te keer na sy tuis-unie, die Cheetahs, waar hy sy beroepsloopbaan in 2008 begin het. Hy het meer as 150 wedstryde vir die Toyota Cheetahs en Vrystaat-Cheetahs gespeel. Ebersohn het aan Netwerk 24 gesê hy het nou vrede en rustigheid en sien uit na die toekoms na rugby.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×