Die polisie in Chile ondersoek die moontlikheid dat die reuse wegholbrande waarin minstens 122 mense dood is, opsetlik gestig is.
Helikopters probeer steeds om die brande met water uit die lug te blus.
Volgens Reuters haal nooddienswerkers steeds liggame onder die puin uit nadat dit verlede week uitgebreek en groot dele van die kusstede Vina del Mar en Valparaiso naby die hoofstad, Santiago, verwoes het.