Die voorsitter van die China Afrika Ontwikkelingsfonds, Song Lei, wat gister ‘n memorandum van samewerking met Suid-Afrika oor energiekwessies onderteken het, meen die Suid-Afrikaanse regering moet tenders stroomlyn en swart ekonomiese bemagtingsreëls verslap om doeltreffender te wees. China is daartoe verbind om Suid-Afrika te help om sy energiekrisis op te los. Die Chinese afvaardiging sê egter om dit vinniger te doen moet Suid-Afrika die hersiening van sy tender- en kontrakteringsraamwerk oorweeg. China gaan Suid-Afrika help met sy beurtkragprobleem nadat hy ‘n reuseskenking van noodkragtoerusting soos kragopwekkers en wisselrigtoestelle aan die land gemaak het. Dit sal daatoe lei dat 500 openbare fasiliteite nie verder die effek van beurtkrag sal voel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×