China is tans Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. President Cyril Ramaphosa sê handelsbetrekkinge tussen die twee lande het sedert 2019 met meer as 30% toegeneem. Volgens die president het Chinese maatskappye sedert 2018 onderneem om altesaam meer as R18-miljard in Suid-Afrika te belê.
Dit behels die vervaardigings-, en landbousektore in. Ramaphosa sê die land het beleggers in die energiesektor nodig, en China het ‘n bewese rekord in die ontwikkeling van innoverende hernubare energie-oplossings.