Die CHOC Kinderkankerstigting in Bloemfontein sê dit is ‘n eer dat 60 Grey Old Boys hulle Sondag by die Kaapstad-fietstoer ondersteun.
Luidens die aanlynplasing bedank hulle die manne dat hulle ‘n stem vir CHOC-kinders, hul gesinne en die mediese personeel is, asook vir hul hulp om bewustheid oor kinderkanker te skep.
Fietsryers het volgens SABC-News ‘n gratis velkankerondersoek voor Sondag se wedren ontvang.
Die Kaapstad-fietstoertrust se direkteur, David Bellairs, sê deelnemers moet bewus bly van die styging in die UV-indeks en het hulle versoek om sonskerm tydens die wedren te dra.
Organiseerders sal ook tydens die fietstoer sonskerm langs die roete aan die ongeveer 28 000 deelnemers voorsien.