Die minister van Gesondheid, Dr Joe Phaahla, het nog ‘n geval van cholera bevestig van ‘n 24-jarige Suid-Afrikaner wat die siekte in Pakistan opgedoen het. Hy het aan The Citizen gesê die totale aantal laboratorium bevestigde gevalle sedert die uitbreking van die siekte in Februarie, is 199. Die departement het vroeër in Julie bekend gemaak dat 47 mense aan cholera dood is. Gauteng het 35 sterftes, die Vrystaat 6, Limpopo 4 en Mpumalanga twee. Die departement van gesondheid het mense weereens gevra om gereeld hulle hande te vas, groente en vrugte af te spoel met skoon water en water te kook.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×