Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het ses cholera-gevalle in Vredefort en Parys bevestig.
Dit volg nadat 76 mense by verskeie klinieke en hospitale met gastro-infeksies aangemeld het.
Ses het positief vir cholera getoets en is suksesvol in die Parys-hospitaal en Boitumelo-hospitaal in Kroonstad behandel.
Die departement het gesê ingrypings is ingestel om die verspreiding van diarree en cholera in Vredefort en Parys sowel as omliggende gebiede te bekamp.
‘n Departementswoordvoerder, Mondli Mvambi, het gesê uitbreekreaksiespanne is geaktiveer.
Waarskuwings oor swak rioleringstelsels en die onaanvaarbare waterkwaliteit van dorpe in die Vrystaat is lank reeds ‘n krisis.