Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent Moroadi Cholota – wat uit die VSA uitgelewer is om aanklagte in die sogenaamde asbes-bedrogspul in die gesig te staar – het Dinsdagoggend om borgtog in die Bloemfonteinse landdroshof aansoek gedoen. Die res van die beskuldigdes in die saak is almal borgtog toegestaan, maar die staat is teen borgtog vir Cholota.

Volgens News24 het Benjamin Calitz, beampte van die Valke, ‘n beëdigde verklaring afgelê, waarin hy beklemtoon dat dit nie in die belang van geregtigheid is dat Cholota op borgtog vrygelaat word nie – aangesien sy ‘n vlugrisiko is en “waarskynlik haar verhoor sal ontduik”. Hy beskuldig haar ook daarvan dat sy die hof mislei het.

Hul berig verder dat die borgtogverhoor tot Donderdag uitgestel is om die verdediging tyd te gun om ‘n antwoord op die beëdigde verklaring wat deur die staat ingedien is, in te dien. Cholota sal in aanhouding bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×