Die Hooggeregshof in Bloemfontein sal Maandag Moroadi Cholota se dringende aansoek aanhoor om haar inhegtenisneming onwettig en ongrondwetlik te laat verklaar.

LEES MEER: Cholota is volgens die Valke ‘n vlugrisiko

SABC-nuus berig die voormalige persoonlike-assistent van die destydse Vrystaatse premier, Ace Magashule, voer in hofstukke aan dat die aanklagte teen haar in die R255-miljoen asbeskorrupsie- en bedrogsaak voortspruit omdat sy weier om te voldoen aan die Staat se vereistes vir spesifieke getuienis in die saak.

LEES MEER: Die Grondwethof wys Cholota se poging om haar uitlewering te keer van die hand

Die 37-jarige Cholota vra die hof om die aanklagte teen haar terug te trek. Cholota is tans uit op borgtog van R2 500 nadat sy onlangs deur Amerika uitgelewer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×