Moroadi Cholota, die oud-assistent van Ace Magashule, se verhoor op vier aanklagte van bedrog en vyf van korrupsie wat Woensdag in Bloemfontein sou voor kom is weer uitgestel.
Die keer is dit omdat die staat nie al die nodige dokumente betyds aan haar verdediging oorhandig het nie.
Terwyl Netwerk24 berig dat alhoewel die staat bevestig het om die dokumente teen Maandag te oorhandig, is haar verhoor to 4 Desember uitgestel.
Cholota staan te reg saam met Magashule, oud Vrystaatse Premier, en 16 ander in verband met beweerde tenderbedrog.
Die bedrog was vermoedelik gepleeg deur onder andere staatsgeld te aanvaar en nooit die werk te verrig nie.