Moroadi Cholota is borgtog van R2 500 toegestaan en moet elke Maandag en Vrydag by die polisie aanmeld.
SABC News berig dat die voormalige persoonlike assistent van die destydse Vrystaatse premier Ace Magashule, in die Bloemfonteinse landdroshof verklaar het dat sy nooit geraadpleeg is om ‘n staatsgetuie te wees nie.
Sy het glo eers deur die media uitgevind dat sy ‘n staatsgetuie is in die omstrede saak van die asbes-verwyderingsprojek van R255-mijoen.
Sy het Donderdag vir ‘n formele borgaansoek haar derde verskyning die week in die hof gemaak.