Die weduwee van struggle strydros, Chris Hani, sê die ANC het nie die politieke wil om beurtkrag en ander krisisse in die land op te los nie. Limpho Hani het gister in Boksburg tydens die 31ste herdenking van haar man se sluipmoord, gesê Suid-Afrikaners moet nou hoor beurtkrag kan tot fase-16 styg.

Sy het volgens Netwerk 24 gesê landsburgers is gevangenes van hoop. Hani het gesê die R35 miljard wat Eskom in een jaar gebruik het om diesel te koop, is weens ‘n gebrek aan beplanning en kon eerder vir hernubare energiebronne gebruik word. Sy het bygevoeg meeste mense kan nie meer die duur elektrisiteit bekostig nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×