’n Groep Suid-Afrikaanse Christen-leiers sal deel wees van ’n wêreldgroep wat Kersfees in Bethlehem gaan deurbring in solidariteit met Palestina. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het gesê eerwaarde Frank Chikane, aartsbiskop Thami Ngcana en Ds Riaan de Villiers sal deel van die groep wees. News 24 berig die groep sal voormalige Palestynse gevangenes in Jerusalem ontmoet en heilige stede besoek. Die groep sal ook Heilige plekke besoek en ‘n middernagtelike nagmaal in Bethlehem hou. Die groep keer die 26ste terug. Palestina is sedert Oktober in konflik met Israel waarin daar alreeds meer as 19-duisend Palestyne gesterf het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×