Christiaan Bezuidenhout is die wenner van vanjaar se Suid-Afrikaanse Ope-gholftoernooi

 Christiaan Bezuidenhout is die wenner van vanjaar se Suid-Afrikaanse Ope-gholftoernooi

Foto: Golfweek

Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout is die wenner van vanjaar se Suid-Afrikaanse Ope-gholftoernooi wat vanmiddag by die Gary Player-buiteklub by
Sun City afgehandel is.
Hy het 69 houe in die eindronde gespeel vir ‘n totaal van 270 houe – 18 onder baansyfer.
Die 26-jarige Bezuidenhout het ook verlede week die Alfred Dunhill-kampioenskap by Malelane in Mpumalanga gewen.
Hy het met vandag se oorwinning die eerste speler geword ná Justin Rose drie jaar gelede wat twee Europese titels ná mekaar kon inpalm.
Die Wallieser Jamie Donaldson het tweede geëindig met altesaam 275 houe en nog ‘n Suid-Afrikaner, Dylan Fritelli, derde met 277.

LeandreAdmin@