City Power het in Johannesburg tien besighede wat ‘n totaal van R60-miljoen aan uitstaande skuld het, se kragtoevoer ontkoppel.
Dit vorm deel van City Power se deurlopende poging om die groeiende probleem van onbetaalde elektrisiteitsrekeninge aan te spreek.
IOL berig onder die wanbetalers wat ontkoppel is, is ‘n bekende vulstasie in Eldorado Park met ‘n skuld van R3-miljoen.
Nog ‘n vulstasie wat byna R8-miljoen skuld, is ook ontkoppel, en tegnici het ontdek dat die stasie hulself onwettig weer aangesluit het.
Ander besighede wat afgesny is, sluit in ‘n lykshuis met ‘n uitstaande rekening van R8,2 miljoen en ‘n winkelsentrum wat R3,7-miljoen skuld.