Die beweerde sluipmoord op die insolvensie-praktisyn Cloete Murray en sy seun, Thomas, is ʼn bedreiging vir die oppergesag van die reg in die land.
So sê die organisasie Freedom Under Law in ʼn verklaring.
Die organisasie meen die moorde kan ʼn reuse impak op belangrike rolspelers in die regstelsel hê.
Regspraktisyns in die land wat korrupsie-aangeleenthede ondersoek, moet hulle werk kan doen sonder vrees dat hulle doodgemaak sal word.
Hulle sê die ondersoek na die dubbele moord op Murray en sy seun behoort die hoogste prioriteit te geniet.
Hulle is verlede naweek Saterdag op die N1-hoofweg naby Midrand in Gauteng koelbloedig doodgeskiet.