Clover word nou deur die Nasionale Verbruikerskommissie ondersoek, vir ‘n beweerde oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming.
Newskoop berig Clover het die sesde handelsmerk geword om sy grondboontjiebotter van winkelrakke af te haal.
Die herroeping van Clover Go Nuts-grondboontjiebotter kom egter byna ‘n maand nadat die kommissie vyf ander handelsmerkherroepings aangeteken het. Clover het die verbruikerskommissie van die herroeping in kennis gestel, nadat laboratorium-uitslae ontvang is wat hoër-as-aanvaarbare vlakke van kankerveroorsakende Aflatoksien aan die lig gebring het.